Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Dis maklik om aan te sluit
Om deel te word van Storietyd vir slegs R 115 vir ouderdom 0 tot 12 jaar, en tieners (13 tot 18 jaar) R 155 per maand, en elke kwartaal voor die skoolvakansie ontvang jy tenminste TWEE nuwe boeke. Volg hierdie maklike stappe:
- Registreer deur om hierdie maklike registrasievorm in te vul.
- Voeg 'n subskripsie by vir elke kind wat by Storietyd aansluit deur sy /haar naam en geboortedatum in te vul om die korrekte boeke vir sy/haar ouderdom te ontvang.
- Teken die PDF-magtigingsvorm - jy kan dit aflaai deur op die skakel in die groen blokkie te kliek, en jy sal dit per e-pos ontvang.
- Stuur die getekende vorm na ons per e-pos : zelda@storietyd.co.za - ons moet dit ontvang om jou lidmaatskap te aktiveer.
Welkom by Storietyd! - Geluk, nou is jy 'n volwaardige Storietydlid! Wees gereed om lekker lees boeke voor elke vakansie te ontvang!
- Jou eerste pakkie word gestuur op die eerste verpakkingsdatum (Maart, Junie, September, Desember) nadat jy reeds drie debiet orders betaal het vir elke subskripsie.
- Ons stuur vir jou 'n boodskap wanneer jy self jou keuses vir die kwartaal se boeke moet maak per sms.
- Jou kind se pakkie word by jou kantoor of huis afgelewer (jou keuse) en julle kan saam die wonderwêreld van lees geniet!
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554