skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Die dae is lank maar die jare kort

My ‘baba’ het hierdie week verjaar en hoewel hy nou al trots 'n hele hand vol vingers wys as ons vra hoe oud hy is, voel dit soos gister dat hy 'n pap babatjie was. Ek is oneindig trots hierdie outjie - hy is onverskrokke, steur hom min aan konvensie en is ʼn eindelose terggees. En hy is bésig!

Party dae tel ek die minute af totdat ek hom en sy ouboet in die bed kan sit en ek ʼn paar oomblikke van stilte en vrede kan ervaar. Op hierdie dae sak my hart sommer in my skoene as ek dink dat die ritueel van slaaptydstories, gesels en saam lê tot hulle amper slaap nog voorlê. Ek raak ongeduldig, sensor die storie keuses tot die kortste opsies en lees met min entoesiasme.

Dan later, as die twee stouterds diep in droomland is en ek eers ʼn blaaskans gehad het, druk ek hulle warm lyfies styf vas en my oë brand as ek dink aan die woorde van bekende skrywer Gretchin Rubin*, “the days are long but the years are short.” Ek besef dan weer terdeë dat die outjies binnekort self sal gaan slaap met geen behoefte om Mamma deel van die proses te maak nie.

Die dae is soms lank, maar die jare vlieg inderdaad te vinnig verby. So vanaand, ten spyte van sperdatums wat dreigend nader kom en my doen-lysie wat nooit korter raak nie, gaan ek lees wat hulle wil lees, met die energie en emosie wat hulle ʼn leeftyd sal bybly.

Hier is hulle huidige gunstelinge:

Adam (5, Graad OO) James (8, Graad 2)
Danie Dreyer se Dinosoureier Slym en die towertapyt
Skatlam Skaap en die Draakstert-Hotel Professor Fungus en die skrikwekkende snotzilla
Flintie Valsbaard – Flintie en die Ys-Eiland Lekker Lawwe Lagboek 5
Die tier wat kwaad was Kas vol monsters 5: Die perfekte monster

 

* Gretchen Rubin is die outeur van verskeie boeke, ondermeer die # 1 New York Times en internasionale topverkoper The Happiness Project. Haar kort video, getitel “The days are long but the years are short” is beskikbaar op YouTube

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online