skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Sanri Steyn Omnibus 1

R 0.00
Sanri Steyn Omnibus 1 picture 2621
Sanri Steyn Omnibus 1 picture 2621

Vier Sanri Steyn-stories in een omnibus!

Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture – as daar nie ruimtewesens oorkant die straat intrek nie, probeer iemand die hele skool se kinders in zombies verander! Die aweregse humor en lekker grillerige avonture in hierdie gewilde reeks sal seuns en meisies vasgenael hou! Vir die eerste keer is die eerste vier Sanri-stories nou in een lekkerlees-omnibus beskikbaar!

1: Doktor Zombos se geheime formule Sanri droom daarvan om eendag ’n joernalis te word – en toe sy en haar ma na die klein dorpie Raaiselfontein trek, besluit sy om haar eie koerant te begin. Die Raaiselfontein Gazette sal propvol opwindende nuus wees. Maar sommer gou vind Sanri uit alles is nie pluis op Raaiselfontein nie. Waarom tree almal so vreemd op? En wat het die lekkergoedfabriek daarmee te doen? Saam met haar nuwe vriend, Markus, besluit Sanri om die geheim te probeer ontrafel …

2: Die aliens oorkant die straat Toe daar nuwe intrekkers oorkant die straat is, begin Sanri se neus kriewel – soos altyd wanneer sy ’n lekker sappige storie ruik. Hoekom trek die nuwe mense een nag tydens ’n woeste donderstorm in? Waarom ry hulle met so ’n vreemde borrelkar? En waarom tree die twee kinders met hulle silwerwit hare so snaaks op? Sanri is seker hulle nuwe bure is aliens. Sy moet net die bewyse kry, anders kan sy vergeet daarvan om ’n storie daaroor te skryf.

3: Die seun met die superkat-kragte Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n ongelooflike geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

4: Die spookmeisie van Raaiselfontein Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Author: Theresa van Baalen

People who bought this, also bought:

    Supplied by lapa uitgewers

    Similar products can be found under the omnibus category.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online