skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Op my Planeet (Not available anymore)

Welkom op ’n planeet propvol pret!

Jaco Jacobs se planeet is ’n vreemde, fantastiese, vrolike plek waar ENIGE iets kan gebeur. Daar kan wurms met tamatiesous op jou spyskaart wees … of ’n walvis kan in jou sop beland. Jy kan uitvind hoe ’n skoonheidskompetisie vir monsters werk … of die waarheid oor haaie uitvind. Jy kan ontdek jou boetie is ’n ruimtewese … jou troetel-dinosourus saam skool toe vat .. of ’n luislang kan jou ouma insluk!

Daar is deesdae byna nie ’n eisteddfod, kunswedstryd of klaskamer in die land waar Jaco Jacobs se skreeusnaakse, lawwe rympies nie gehoor word nie. Sedert die verskyning van sy eerste rympieboek, Wurms met tamatiesous, in 2005 het ’n hele rits rympies uit sy pen gevloei. Hierdie reuse-rympieboek bevat van die gewildste verse uit Jaco se bundels wat oor die jare verskyn het, insluitende:

* Wurms met tamatiesous (Alba Bouwerprys, C.P. Hoogenhoutmedalje)

* ’n Brulpadda in my tas

* My boetie dink hy’s Batman

* Kougom in my hare

* Op die punt van my tong: 80 tawwe tongknopers

En daar is ook ’n paar SPLINTERNUWE rympies as bonus! Aangename kennis Haai, jy daar – hou op met staar! Kom staan bietjie nader en groet. Mens sal sweer dis die eerste keer dat jy iemand met skubbe ontmoet. Ja, sien is glo, ek hét drie oë en my stert is so lank en so breed; my tentakels is vaal, maar dis doodnormaal – dis hoe almal lyk op my planeet!

Author: Jaco Jacobs

People who bought this, also bought:

    Supplied by lapa uitgewers

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online