skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Die verlore eiland en ander stories

R 0.00
Die verlore eiland en ander stories  picture 2694
Die verlore eiland en ander stories  picture 2694

Ou gunstelinge kry ’n nuwe baadjie! Drie van Janie Oosthuysen se immer gewilde kinderboeke kan nou geniet word in een opwindende omnibus. * Daar is vlooie in my bed Rosie is moeg daarvoor om oom Flopper en tant Flousie se slaaf te wees. Oom Flopper ruik na ou voete en sy kulkunsies loop gedurig skeef. Tant Flousie kla heeldag en deel werk uit. Net voordat dinge heeltemal hand uit ruk, ontmoet Rosie vir Stradivarius Vlooi en sy talentvolle maats wat in haar bed woon ... * Die verlore eiland Geen besoekers, geen telefoonoproepe en geen vakansies. Dis die reëls by madame Spina Webb se skool op die geheimsinnige Verlore Eiland. Nikkel en Pennie is dadelik agterdogtig toe hulle op die eiland kom. Watter vreemde dinge is by dié skool aan die gang? Hoekom tree madame Spina Webb so vreemd op? En wat is die geheimsinnige Ogopogo? * Die towerpotlood Ronnie se senuwees is gedaan. Sy goor pleegouers, oom Mufter en tant Skimmel, gaan ’n muisvalletjie stel. Wat as hulle vir Paulus, Ronnie se hamster, daarin vang? Maar dan gebeur ’n vreemde ding op pad skool toe – Ronnie kry ’n towerpotlood present! Sal die towerpotlood hom en Paulus van die skoolboelies en sy nare pleegouers kan red?

People who bought this, also bought:

    Supplied by lapa uitgewers

    Similar products can be found under the storieboeke category.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online