skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

50 Geregte Geskenkpak - 3 Resepteboeke (Not available anymore)

Idiaal vir 'n geskenpakkie vir 'n vriendin! 'n TREFFER-GESKENK

Jy ontvang ee van elkeen van die volgende resepteboeke  :

50 Eenpotgeregte

Is jy lief daarvoor om kos te maak, maar haat jy al die skottelgoed wat na die tyd gewas moet word? 50 Eenpotgeregte bevat vyftig smaaklike disse wat alles in een kastrol, pan of bak voorberei kan word. Sodoende kan jy lekker en voedsame maaltye voorberei sonder om onnodige tyd in die kombuis te spandeer. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Beesvleisbredie met kruiekluitjies; Hoenderkerrie; Spek-en-boontjiesop; Seekospasta; Pynappelhoender.

50 Maalvleisgeregte

Maalvleis was nog altyd ’n bekostigbare staatmaker in elke gesin se vrieskas. 50 Maalvleisgeregte bevat vyftig veelsydige resepte van bees-, hoender- en varkmaalvleis wat aan gesinne maaltydinspirasie gedurende moeilike ekonomiese omstandighede bied. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte bestaan uit treffers soos: Herderspastei (met variasies soos herderspastei-patat-plaatkoekies); Spaghetti bolognese (met variasies soos bolognese-hoender met mielies); Lasagne (met variasies soos hoenderlasagne); Frikkadelle (met variasies soos Sweedse frikkadelle en varkfrikkadelle met pynappelsalsa.

50 Sop- en broodresepte

Tuisgemaakte sop en brood is een van die beste maniere om liggaam en siel te voed gedurende die koue wintermaande – of dit ‘n ontspanne middagete of ‘n meer gesofistikeerde voorgereg is, sop bly die maklikste en mees veelsydige opsie. 50 Sop- en Broodgeregte bevat vyftig voedende sop- en broodresepte wat familiegunstelinge sal word. Al die resepte maak gebruik van bestanddele wat reeds in jou koskas is of maklik bekombaar is by jou plaaslike supermark. Die resepte sluit treffers in soos: Hoendernoedelsop; Romerige blomkool-en-aartappelsop met spek; Oom-en-tantesop; Kruiebrood in ‘n blikkie; Olyf-en-spekbroodwiele.

People who bought this, also bought:

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online