skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Hoe veilig is jou kinders aanlyn?

Beveilig jou kinders in 'n digitale wêreld.

Tech-savvy Parenting - 'n Gids vir ouers van kleuters tot tieners deur Nikki Bush, 'n ouerskap deskundige, en Arthur Goldstuck, 'n tegniese kommentator. image

Die vinnig-veranderende wêreld van tegnologie stel kinders bloot aan gevare. As ouers kan ons egter nie ons kinders van tegnologie weerhou nie. Al wat ons kan doen is om verantwoordelike digitale burgers groot te maak.


Maar hoe gemaak as jy nie weet waar om te begin nie?

Tech-savvy Parenting is ‘n sensitiewe en insiggewende gids wat die terme, gevare en geleenthede van tegnologie – soos die internet, slimfone, tablette, sosiale netwerke ens. – aan ouers verduidelik, in die konteks van die verhouding tussen ouers en hul kinders. Dit begin met eenvoudige konsepte en sal selfs die mees tegnologies-verwarde ouer help.

Jy kan riglyne en raad verwag oor:

  • Die verskillende kategorieë en ouderdomsgepaste speletjies;
  • NetNanny (en ander filter sagteware) en wat om te blok;
  • Wanneer moet jou kind ‘n selfoon kry?;
  • Hoe hanteer jy reputasie, pornografie en privaatheid aanlyn;
  • Praktiese ouerskap riglyne vir tegnologie per ouderdomsgroep.

 


Spesiale aanbod vir Storietydlede

Bestel Tech-savvy Parenting teen R210 (gewone prys is R220) en ons sal die posgeld namens jou betaal. Die koopprys sal by jou volgende debiet order gevoeg word.

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online