skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Ken jy Babalela?

Ken jy Bablela?

Babalela en sy maats is groot gunstelinge onder die kleinspan.

 

image 16

 

As jy nog nie vir Babalela ken nie, hy is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Hy het ‘n paar maats soos Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp tande; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; die agt Fripperwakkies wat nie vir ’n oomblik ophou kwetter nie en saam het hulle groot avonture.

Het jy geweet? Babalela is die Sesothowoord vir kleintjie, en dis dan ook waar die Babalela sy naam vandaan kry.

 

Die boeke in die reeks sluit in:

image 17 Die Babalela is 'n diertjie soos wat geen mens ooit tevore gesien het nie, en hy woon in die bos. Dan kom 'n man eendag verby, en kom op die ongewone diertjie af. Getrou aan die mens se aard, vang hy die Babalela en neem hom saam sodat die eienaardige verskynseltjie ondersoek kan word. Die verhaal vertel van die Babalela se avontuur en die gelukkige afloop daarvan.
image 18 Diep, diep in ’n donker bos, is die langverwagte opvolg op die topverkoper prenteboek, Babalela, wat reeds duisende jong lesers bekoor het. “Wie woon nog in die diep en donker bos?” wou almal weet, en sommer daar en dan is besluit om die Babalela se aanhangers bekend te stel aan die ander bosbewoners. In die storie is die ander bosbewoners vasbeslote om soos die Babalela ook die wye wêreld buite die bos te gaan verken. Hulle hou egter nie rekening met al die gevare wat in die stad op hulle wag nie, en kort voor lank is al die bosdiere toegespyker in bokse. Sal die Babalela hulle uit hierdie verknorsing kan red?
image 19 Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, woon die Babalela en al sy maats. Op 'n dag kom 'n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het 'n plan. Hy gaan nie toelaat dat enige iemand hulle weer in bokse sit nie ...
image 20 In die nuutste Babalela-avontuur skrik die Babalela hom yskoud toe daar op ’n dag ’n nare gerammel in die bos is. Hy kan nie glo wat hy sien nie. Aan die rand van die bos dreun en grom ’n reuse-stootskraper. Soos ’n kwaai bul loop die stootskraper ’n klomp bome storm. Die bome knak, vou en val. Oral lê daar bome en bosse rond wat die stootskraper omgeruk het. As die Babalela en sy maats, Wrrrumpie, Meermoskat, Potifant, Knortand en die agt Fripperwakkies, nie vinnig ’n plan maak nie, gaan daar niks van hul geliefde bos oorbly nie! Nog ’n heerlike Babalela-avontuur – met ’n belangrike boodskap oor natuurbewaring en die krag van vriende wat saamspan!

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online