skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kwartaal keuses

Stalmaats : Perdepiekniek

Stalmaats : Perdepiekniek  picture 1721
Stalmaats : Perdepiekniek  picture 1721

Die afrigtingskamp is reeds verby, maar Anri se maag slaan steeds bollemakiesie as sy daaraan terugdink. En nie nét omdat hulle ’n wonderlike tyd saam met die perde deurgebring het nie ... Ná die briefie wat Jacques by die kamp in haar hand gestop het, is dinge tussen hulle skielik heeltemal anders. Anri se vriendin Megan besluit om ’n piekniek te reël waar hulle lekker saam met Jacques en sy vriende kan kuier. Maar dan kry hulle onverwags baie slegte nuus oor Storm, die hingsvulletjie wat reeds diep spore in Jacques se hart getrap het ...

Outeur: Lize Roux

Terug na Kwartaal keuses

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online