skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kwartaal keuses

Aksieheld Austin : Nag van Grille

Aksieheld Austin : Nag van Grille picture 2343
Aksieheld Austin : Nag van Grille picture 2343

Ligte, kamera, aksie!

Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê!

Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekendstelling nie. Dit gaan by ’n ou fliekteater in die stad gehou word. Maar die middag voor die vertoning gaan maak Ewald en sy beste vriend, Carlo, ’n draai by die grillerige ou fliekmuseum wat deel van die teater is. Kort voor lank is hulle vasgekeer in die museum – saam met ’n geheimsinnige figuur wat in die donker rondsluip … As hulle wil ontsnap, sal Ewald hierdie keer net so dapper soos ’n REGTE aksieheld moet wees!

Hierdie asemrowende reeks avontuurverhale uit die pen van Fanie Viljoen is perfek vir jong lesers wat hou van stories propvol aksie en adrenalien!

Outeur: Fanie Viljoen

Terug na Kwartaal keuses

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online