skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kwartaal keuses

Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym

Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym picture 2359
Slymboek: alles wat jy moet weet om perfekte slym picture 2359

Meer as 30 glibberige, glyerige, grillerige, kleurvolle resepte wat die jongklomp wys hoe maak jy ... slym! Rek, trek, druk en speel met hierdie fantastiese, eenvoudige resepte wat van goedkoop, maklik bekombare en veilige alledaagse produkte gebruik maak. Maak jou eie Monsterslym met oë binne-in, koes vir die uitbarsting van Vulkaanslym, en lek jou lippe af vir heerlike, eetbare Sjokoladeslym! Al die projekte word met behulp van duidelike stap vir stap foto’s verduidelik. Vind ook in die feitekassies meer uit oor die wetenskap agter jou slymerige skeppings, en eksperimenteer met verskillende variasies van die resepte. Die nuutste aktiwiteitsgier vir kinders is klewerig, klouerig – en tonne pret. So, waarvoor wag jy – begin maak jou eie slym! Al die slymresepte in die boek is boraksvry.

Terug na Kwartaal keuses

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online