skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Lees Aktiwiteite vir Kinders wat Sukkel om te Lees

image 50

As ‘n ouer van 'n sukkelende lesertjie, weet jy lees kan 'n baie frustrerende ervaring vir beide jou en jou kind wees. En alhoewel jy goed besef hoe belangrik dit is om van jongs af 'n sterk fondament in lees vas te lê, weet jy dalk nie wat om te doen om te help nie.

Hoewel daar verskeie redes is waarom sommige kinders sukkel om te lees, terwyl ander dit makliker onder die knie kry, is hierdie idees geskik vir lesers van alle vlakke. Dit is ook nooit te vroeg om hiermee te begin nie en klein kindertjies sal ‘n groot voorsprong ontwikkel as jy sommer klein (so van vier en ouer) begin.

 


Wat ouers kan doen om kinders te help

  • Een van die belangrikste dinge wat 'n ouer kan doen is om hulle kinders te lees. (Dit kan jy reeds van geboorte af doen, en moet beslis nie ophou as hulle al self kan lees nie!)
  • Sit rustig en spandeer saam tyd om na die prentjies te kyk. Vra jou kind wat hy of sy dink in die storie gaan gebeur nog voor jy begin lees.
  • Om hul leesbegrip te verbeter, vra jou kind baie vrae terwyl jy die storie lees soos, "Hoe dink jy voel die seuntjie nou? Kyk na sy gesig. Lyk hy hartseer of gelukkig?" Dit kan help dat hulle sal besef dat die prentjies dikwels leidrade gee oor wat aan die gang is in 'n storie. Die tegniek is kritiek om jong lesers te help om onbekende woorde te ontsyfer.
  • As julle winkel toe gaan, wys woorde uit aan jou kind. Kies 'n karton melk en vra, "Watter woord dink jy sê melk?"
  • Gee jou kind tydskrifte en laat hom of haar woorde soos "en" en "die" omkring elke keer as hulle op 'n bladsy verskyn. Vir kleiner kindertjies kan jy vra om spesifieke letters te soek.
  • Speel hierdie prettige speletjie wat foneme (individuele klanke in woorde) manipuleer, oral waar julle in die motor ry of as julle êrens moet wag. Dit werk so:
    • Iemand begin met ‘n woord, byvoorbeeld kat.
    • Die volgende speler moet die woord neem en net een klank verander, die /t/ van kat word ‘n /p/ en die woord is dan kap.
    • Die volgende speler kan die /k/ vervang met /p/ om pap te maak en daarna kan dit dalk pop, pos, kos, kol word. Die moontlikhede is amper eindeloos!
    • Die speletjie bevorder fonemiese bewustheid en is nog 'n manier om die kern beginsel van geskrewe taal te versterk - dat letters klanke verteenwoording, dit klanke woorde maak, en dat woorde betekenis het.

 

Onthou asseblief om maar geduldig te wees en die oefeninge en speletjies pret te maak. As kinders voel jy is teleurgesteld, of dink hulle probeer nie hard genoeg nie, is hulle is geneig om op te hou probeer in jou teenwoordigheid en dit kan ook later oorgaan na die klaskamer.

Sterkte en lekker lees.

 

 

Alle kommentaar word gemodereer.

Het u iets om by te voeg ?


Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online