skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Lees dit weer Mamma!

“Wat wil jy vanaand lees Boetie?”
“Ek wil van Otto lees, Mamma,” sê Boetie.
Mamma sug innerlik en vra vrolik, “Ons het dit gisteraand gelees, hoekom lees ons nie eerder die storie van die hasies nie?”
“Nee dankie, ek wil van Otto lees,” antwoord Boetie.
Mamma weet dit gaan nie help om te stry nie en lees vir die soveelste keer weer hoe Otto skool toe gaan.

 

Klink dit bekend? Dit behoort want dit is heeltemal normaal vir klein kindertjies om stories oor-en-oor te wil luister. Kenners meen dat kleuters en voorskoolse kinders dit geniet omdat hulle:

  • Alles – ook stories en taalvaardighede – deur konstante herhaling leer.

Elke ervaring vorm konneksies tussen die neurone in jou kind se brein en elke keer wat jy dieselfde storie, rympie of liedjie herhaal, versterk die konneksies en dit help om dit wat hy geleer het te vestig.

  • Ten spyte van die herhaling, steeds die storie interessant vind.

Hulle luister na die klanke en intonasie van die woorde en voorspel wat volgende in die storie gaan gebeur.

  • Veilig voel en die wêreld beter verstaan deur herhaling.

Die herhaling, en ook ander rituele soos om uit dieselfde bord te wil eet of met ’n spesifieke teddie te wil slaap, help klein kinders om die wêreld te verstaan en veilig te voel daarin.

Alle kommentaar word gemodereer.

Het u iets om by te voeg ?


Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online