Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 1
Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 1 Huistaal sal
kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat meer as 30
kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke, asook sig- en
spelwoorde op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard met
werkvelle ter inskerping. Stap vir stap voorafriglyne word gegee vir die
onderwyser of ouer oor hoe om die speletjies aan te bied.
Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook
groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 1
die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig
van spelling met een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en
onderwysers lus om te spel.
Dié werkboek vir Graad 1 gee in besonder aandag aan die leer van die
verskillende klanke, en die lees en skryf van woorde wat dié klanke bevat. Die
eerste 180 hoëfrekwensie-sigwoorde word geoefen.
People who bought this, also bought:
Soortgelyke produkte kan gevind word onder die nuwe-alles-in-een-werkboeke and opvoedkundigeboeke kategorieƫ.
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554