skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

So, wat is CAPS nou eintlik?

image 30

 

‘n Mamma skryf vir ons en vra, “My dogtertjie gaan volgende jaar ‘groot skool’ toe. Ek hoor gedurig van CAPS maar ek is nie seker wat dit is nie. Verduidelik asseblief, ek wil nie dom klink as ek met die nuwe juffrou praat nie!

Ai, in ons dae was dinge darem heelwat makliker. Ons juffrouens het gesê daar is nie iets soos dom vrae nie en “caps” was die Engelse woord vir pette. Nou moet die mammas bontstaan om by die juffrouens te hou, en graad een is nie net klei speel en pouses nie.

 

 

Wat jy van CAPS moet weet

  1. CAPS is kort vir Curriculum and Assessment Policy Statement en in Afrikaans, die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring (HNK).
  2. Dit het die vorige, wyd-gekritiseerde uitkomsgebaseerde onderrig (UGO) sisteem vervang.
  3. Die doel van CAPS is om die administratiewe las op onderwysers te verminder en konsekwentheid in die leer- en evalueringsprosesse te verseker. Daarom gee CAPS weeklikse voorskrifte wat onnies moet volg met duidelike verwagtinge oor die pas en voortuitgang wat leerders moet bereik. 
  4. CAPS gee vir onderwysers graad-vir-graad en vak-vir-vak baie spesifieke riglyne oor wat hulle moet leer, hoe hulle leerders moet evalueer en wat die slaagvereistes is.
  5. Elke vak – onder UGO was dit ‘n leerarea – het spesifieke doelstellings, vaardighede wat aangeleer moet word, fokus op inhoudsareas en die gewig wat elke inhoudsarea moet dra. Die terugkeer na die term vak in eerder as leerarea en leerprogram dui op ‘n terugkeer na ‘n meer konvensionele benadering tot onderwys.

En dit is dit. Niks om oor bekommerd te wees nie. Hou Storietyd dop vir Graad O en Graad een voorbereiding wat jy by die huis kan doen.

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online