skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Wat ons lede sê

"Weereens baie dankie vir die verskil wat julle in kinders se lewens maak met die pragtige boekies. My seuntjie geniet dit so baie en ek kan definitief die verskil in sy intellek en verbeelding sien teenoor ander maatjies wat nie lees nie. Hy is twee en ‘n half en as ek vir hom wil lees dan sê hy: “Nee mamma, ek wil vir mamma lees.” Dan vertêl hy presies vir my wat op die bladsy staan net met wat hy op die prentjies sien. Ek is soms verstom oor die detail wat hy gee. Lees maak ‘n verskil!"

Mev. Strydom, Port Elizabeth

 

"Edward was absoluut gek, dol, oor sy eerste boekpakkie - dit het toevallig gearriveer dieselfde dag as wat ons twee Bloemfontein toe gery en die aand in Middelburg oorgeslaap het.  Sy boekies het hom heelmiddag en heel aand besig gehou - gesukkel om hom aan etenstafel en in die bed te kry en die volgende dag kon hy nie wag om sy sterretjies vir sy Oupa en sy ouers te wys nie.
Ek is baie baie tevrede met my eerste pakkie en beveel julle by almal aan met jong kinders of kleinkinders.
Storiegroete van 'n Ouma!"

Mev. Jordaan, Klein-Brakrivier

 

"Andre lees al boeke soos die National Geographic (nie kids een) en wetenskaplike experimente boeke van so oor die 300bls.  Hy is baie ver voor sy jaargroep.  Hy lees, praat en skryf Afrikaans en Engels vlot en kry in 90% vir al sy vakke op skool. Ek sal altyd julle verder bemark by vriende omdat ons jare se genot uit die boeke gekry het."

Mev. De Kock, Pretoria

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online