skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Welkom

Welkom by ons nuwe generasie Afrikaanse boekklub.

Storietyd bied jou die geleentheid om jou kinders van kleintyd af bloot te stel aan die wonderlike wêreld van lees in hul moedertaal.

Navorsing het bewys dat kinders wat op n vroeë ouderdom reeds blootgestel word aan boekies, ‘n veel groter woordeskat het en ook ‘n ryker verbeelding, as kinders wat eers later daaraan bekend gestel word.

Biblioteke vandag laat veel te wense oor. Behalwe dat hulle nie die nuutste boekie vrystellings kry nie, is Afrikaanse boekies baie beperk en dié wat nog daar is, is in ‘n bedenklike toestand.

Die gemiddelde boekwinkel is nie in staat om vir ouers raad en leiding te gee oor geskikte boekkeuses nie, en varal nie oor Afrikaanse boekies nie, dus moet jy as ouer dikwels op jou eie oordeel staatmaak om geskikte boekies te kies.

Hier by Storietyd verseker ons dat jy die nuutste Afrikaanse storieboekies kry, selfs nog voor dit beskikbaar is aan Jan Alleman. Ons span kundiges sal ook verseker dat jou kinders se boekies pas by hulle ouderdomsgroep sodat hulle die maksimum voordeel en lees genot daaruit sal put.

 

Bertus Beer se besigbly en bêre aktiwiteitsboekie propvol pret is uniek aan Storietyd. Bertus Beer is 'n Afrikaanse aktiwiteitsboekie wat gegrond is op die CAPS kurrikulum.

Daar is 'n hele reeks van 12 beskikbaar met titels soos: Ek kan tel, Op die plaas, Vakansie pret, Ek is spesiaal en vele meer.

image 9image 7Bertus Beer fokus onder meer op fyn motoriese aktiwiteite soos knip, plak, inkleur en teken.

Dit sluit ook elemente in van herkenning, nabootsing, woordeskat uitbreiding en basiese getalbegrip.

So waarvoor wag jy?  Kom delf in ons blaaie opsoek na 'n Storietyd avontuur!

image 8image 3Kliek hier om sommer dadelik te registreer!

Alle kommentaar word gemodereer.

Het u iets om by te voeg ?


Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online