skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Glamdivas - AL 3 BOEKE IN DIE REEKS (Nie meer beskikbaar)

Glamdivas: Lienka

Lienka, Didi en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Daarom gryp hulle die kans aan toe iemand hulle vir ’n groot ontwerpkompetisie inskryf. Didi is oortuig hulle African Unicorn-ontwerpe gaan die beoordelaars se voete onder hulle uitslaan. Maar intussen is Lienka se lewe besig om erg ingewikkeld te word. Haar sestiende verjaardag is om die draai, maar sy sien nie eens uit daarna nie. Wat is die groot aankondiging wat haar ouers wil maak? Wat het skielik in haar ouer broer, Sarel, gevaar dat hy so vreemd optree? En haar kêrel, Dian, is die grootste hunk in die skool, so hoekom voel sy skielik nie meer dieselfde as vroeër oor hom nie ...?

Glam-divas: Didi

Didi, Lienka en Talia is al van kleuterskooldae af beste vriendinne. Saam is hulle die Glam-divas, ’n funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Toe Didi voorspel dat die tweede kwartaal vervelig gaan wees, het sy geen benul hoeveel drama die komende Meidans gaan oplewer nie. Wat is Hlomla Khuni se storie? Hou hy regtig van haar? En hoe gaan sy haar pa oortuig dat Hlomla nie net 'n bedorwe rykmanskind is nie? Boonop is daar 'n nuwe meisie in die skool wat vasbeslote is om die Glam-divas se lewe te versuur. En dit lyk of dinge tussen Talia en haar ou ook ernstig begin skeefloop...

Glam-divas: Talia

'n Funky agentskap wat partytjies reël, fantastiese klere ontwerp en modewenke gee. Talia, Didi en Linka besluit dit is presies wat die skool nodig het. Maar as jy in graad tien is, is dit nie kinderspeletjies om almal te oorreed om jou ernstig op te neem nie. Boonop maak Chanel en haar skoothondjies dinge gedurig vir Talia en haar twee vriendinne warm. En dan is daar nog Sarel, wat Talia se bene elke keer lam maak, al is hy eintlik te oud vir haar. Om nie te praat van Werner met sy donker oë, sy motorfiets en sy hartebreker-reputasie nie ...

Outeur: Solet Scheeres

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur lapa uitgewers

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online