skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Robbie se broer se roer en ander jagstories (Nie meer beskikbaar)

Pienkes du Plessis is terug met ’n nuwe bundel kortverhale. In Robbie se broer se roer en ander jagstories vertel Pienkes stories oor alles wat met jagekspedisies gepaardgaan – en oor dit wat verkeerd loop! In een verhaal moet drie ooms afreken met ’n slang in hul bakkie; in ’n ander verhaal verloor ’n plaasjapie ’n weddenskap en sluk ’n streepmuis heel af, en in die slotverhaal, “Wie braai, ek of jy?” word ons voorgestel aan Jan Somme, ’n man wat “uit sy hart braai”, “met ’n groot lied in sy hart.” Pienkes skryf met sy kenmerkende, fyn humorsin oor vuurmaak, braai, kamp opslaan, sleepwaens pak en onderonsies met wilde diere, maar hy vertel ook staaltjies van toentertyd. Nostalgiese stories, perfek vir lekker lag om die kampvuur.

Kwêla boek van die maand:April 2016

Outeur: Pienkes du Plessis

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online