skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Boskabouter Luister CD 1 (Nie meer beskikbaar)

Leer jou kind AKTIEF luister

‘n LUISTER-KONSERTJIE Elke CD is soos ‘n 'konsertjie op radio'. ‘n Toe-oë-FLIEK, ‘n luister-fliek. Dis propvol klank-opwinding. Die kind word dus ouditief goed gestimuleer. Dit fokus op GENOT – die heerlike lippelek-lekker van stories.

STEM KARAKTERISERING Daar is meer as 10 stem-variasies per storie; ook met byklanke en agtergrond musiek. Elke CD vorm een volledige, klaarmaak-storie op sy eie. Dis juis so beplan ten einde die kind se stilsit-en-luister vaardighede en aktiewe aandagspan te r-e-k. Die CDs is wel opgedeel in ‘hoofstukke’ sodat die jonger kinders vandag ‘n stukkie kan luister en môre kan aangaan, sonder om weer van vooraf hoef te begin. Die tempo en intrige van CD 2, 3 en 4 is meer ingewikkeld as dié van CD 1.

OUDERDOM ‘n Breë ouderdomsgroep is geïnkorporeer – van 3 tot 11 jaar. Daar is wel 2-jariges wat ook luister en seuns van so oud as 13 wat laat weet dat hulle dit geniet. Kinders se normale kommunikasie-ontwikkeling verskil op ‘n jong ouderdom geweldig baie ten opsigte van woordeskat en taalvaardighede. Dit is dus baie belangrik dat mamma op so ‘n jong ouderdom, direk betrokke moet wees deur saam-luister en saam-gesels. Deur ‘n 2-jarige met hierdie CD-stories voor die radio neer te sit en dan te loop, val die hele oogmerk plat. Mamma moet ondersteun en fasiliteer.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur tania ueckermann

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online