skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Inkleur-tegnieke - Stap-vir-stap aanwysings & wenke (Nie meer beskikbaar)

Alles van kies van papier, inkleurmateriale, teorie van kleur, gevorderde tegnieke en spesiale effekte tot uitstal!

Inkleurboeke vir volwassenes is steeds baie gewild en daar is eindelose opsies om van te kies en keur. Inligting oor selfdoentegnieke wanneer dit by inkleur kom, is egter nie so volop beskikbaar nie. In hierdie boek deel inkleurkunstenaar, Monique Day-Wilde, alles van die kies van papier, potlode en ander inkleurmateriale, tot die teorie van kleur en kleurvermenging. Sy deel ook basiese en meer gevorderde tegnieke vir spesiale effekte, en wat jy dan met jou inkleurprente kan doen.

Leer oor skadutegnieke met enkele of ’n verskeidenheid kleure, afskerming, meng- en vryftegnieke, skep van tekstuur, interessante maniere om groot agtergronde te vul, byvoeging van blinkgoed, stempels met bosseleervloeistof en selfs die gebruik van potloodskaafsels. Daar skuil soveel meer agter inkleurwerk as om net tussen die lyne te hou. Terwyl daar werklik geen regte of verkeerde manier is om in te kleur nie, sal hierdie boek jou help om inkleurwerk te omskep in ’n ervaring wat sal lei tot ’n kunswerk waarop jy kan trots wees – net vir jouself, of om mee te spog by ander.

Die inhoud van die boek sluit in: ▪ die gereedskap wat jy benodig; ▪ kleur tegnieke – skadutegnieke, afskerming, afhaal van kleur, kleurvermenging, spattegnieke, potloodskaafsels, inkwerk, spesiale effekte, die gebruik van tekstuurborde; ▪ hoe om gesigte in te kleur, ▪ hare, pelse en groot agtergronde; en ▪ hoe om jou finale produk uit te stal.

Outeur: Monique Day-Wilde

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur metzpress

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online