skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Rympies vir kleintjies en kleuters (Nie meer beskikbaar)

"Omdat rympies so ’n waardevolle opvoedkundige rol speel, is die verskyning van elke nuwe rympieboek ’n geleentheid om toe te juig, veral as dit so ’n pragpublikasie soos Rympies vir Kleintjies en Kleuters is." Carike Keuzenkamp Hierdie bundel is die opvolger van die baie suksesvolle Rympies vir Pikkies en Peuters wat in 2015 verskyn het. Met sy prettige volkleur-illustrasies bied dit ’n keurversameling verse spesiaal saamgestel vir drie- tot vyfjariges. Digby 400 rympies deur meer as 100 skrywers dek al die onderwerpe wat deel is van klein kinders se leefwêreld – in heerlike, maklike, sprankelende Afrikaans. Aangesien die bundel sorgvuldig beplan is om aan nasionale opvoedkundige vereistes te voldoen, vorm dit ’n onmisbare hulpmiddel vir opvoeders en versorgers in speelskole, met ’n nuttige gebruiksgids agter ingesluit.

Verskaf deur tafelberg

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online