skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Nuwe Alles-in-Een se Leer Lees en Skryf vir Graad 3

R 0.00
Nuwe Alles-in-Een se Leer Lees en Skryf vir Graad 3 picture 2322
Nuwe Alles-in-Een se Leer Lees en Skryf vir Graad 3 picture 2322

Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad 3 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker! Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat ’n Graad 3- leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou- en taaloefeninge. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en sigwoorde te herken en te benoem. Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne. Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die leerder in staat stel om elke klank - in druk- en lopende skrif - korrek te skryf. Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit sal leer volgens die vereistes van die KABV.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur nb

    Soortgelyke produkte kan gevind word onder die nuwe-alles-in-een-werkboeke and opvoedkundigeboeke kategorieƫ.

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online