skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Rondomtalie - Die beste rympies en liedjies van Jaco Jacobs - CD wat 30 liedjies bevat (Nie meer beskikbaar)

Maak gereed vir hope kleuterpret in hierdie pragboek met ’n CD by!

Wat kry jy wanneer drie van die land se talentvolste kunstenaars kragte saamspan en ’n kleuterboek die lig laat sien? Hope pret, natuurlik!

In Rondomtalie verskyn ’n prettige keur uit die gewilde en bekroonde kinderrympie-koning Jaco Jacobs se kleuterversies, pragtig deur die talentvolle kunstenaar Karen Ahlschläger geïllustreer. En om als te kroon bevat die boek ook ’n CD waarop die veelbekroonde toonsetter en sangeres Anna Davel haar fantastiese toonsettings van al 30 versies sing!

Kom ry saam op die Teddiebeerbus, ontmoet vir Bambino die reus van Bitterbos, galop op die rug van ’n wilde perd, soek goggas in die tuin of hou ’n kussinggeveg!

Die boek bevat altesaam 30 rympies en 30 liedjies. Hierdie pragpublikasie beloof ure se vermaak vir kleuters – en is ’n trotse toevoeging tot enige kleuter se boekrak en musiekversameling! Inhoud/Speellys

1. Kielie-kabouter 2. Bambino, die reus van Bitterbos 3. Grootmeneer 4. ’n Dag by die dieretuin 5. Voëltjies hou van sing 6. Spat in die bad 7. Dinosouruspret 8. Slaap, Sibongile 9. Skoppelmaai 10. Padda op ’n klip 11. Klop, klop, klop 12. Tande borsel 13. Teddie se wiegelied 14. Tien pikkewyne 15. Wilde perd 16. Spring 17. Winkel toe 18. Hande klap 19. Kattermaai 20. Trapsoetjies 21. Die Teddiebeerbus 22. Blokkies 23. My klere het gekrimp 24. Blou ballon 25. Wolke 26. Goggas 27. As jy mooi vra 28. Voor die spieël 29. Daar’s ’n beer in my bed 30. Kussinggeveg

Outeur: Jaco Jacobs

Verskaf deur lapa uitgewers

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online