skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse

R 0.00
Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse  picture 2626
Kieme: Boosaardige bakterieë, woeste virusse en vieslike fungusse  picture 2626

Hulle is piepklein … grillerig … en fantasties! Ontmoet die bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes wat oral om ons is, maar te klein is om te sien. Ontdek hoe hulle ons en ons wêreld aan die gang hou. Wat het ’n gloeiende seekat, ’n groeiende swam en klein kreatuurtjies in die grond onder jou tone in gemeen? Dit is alles deel van die wêreld van mikrobiologie! Hierdie fantastiese boek stel kinders aan bakterieë, virusse en ander kieme en mikrobes bekend. Dit verduidelik waarom ons bakterieë nodig het, en stel jong slimkoppe ook aan ander piepklein organismes bekend – virusse, fungusse, alge en protosoë. Bakterieë is die belangrikste lewende organismes op aarde, en 99 persent van hulle is nuttig, nie skadelik nie. Sonder bakterieë sou ons nie brood of kaas gehad het nie, en ons liggame sou nie kon werk soos dit moet nie. Mikrobes hou ons en ons wêreld op verrassende maniere aan die gang. Hierdie boek wys jou hoe dit gebeur – met fantastiese voorbeelde van mikrobiologie in aksie! Hierdie boek is ’n prettige, leersame inleiding tot ’n onderwerp wat kinders van aangesig tot aangesig met die wonderwêreld van piepklein wetenskap bring. Met verstommende foto’s, lawwe karakterillustrasies en hope prettige feite wat jou lekker sal laat gril, sal jong wetenskaplikes hierdie boek oor mikrobiologie eenvoudig nie kan neersit nie.

Verskaf deur lapa uitgewers

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die opvoedkundigeboeke kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online