skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Zackie Mostert omnibus 2

R 0.00
Zackie Mostert omnibus 2 picture 2699
Zackie Mostert omnibus 2 picture 2699

Vyf Zackie-avonture in een fantastiese omnibus! Granaatstraat is ’n straat nes enige ander straat. Wel, nie heeltemal nie. Dis immers die straat waarin Zackie Mostert woon. En waar Zackie is, is daar altyd volop pret, avontuur en kattekwaad! Kinders is versot op Zackie se skreeusnaakse avonture! Of hy nou rugby speel, grillerige wurmkoekies bak om by die skool te verkoop of ’n klomp meisies baie, baie vies maak – waar Zackie is, is daar altyd hope pret en kattekwaad. Sedert die verskyning van die eerste Zackie-boek in 2010 het dié gewilde karaktertjie en sy maats hope pret en humor na die Afrikaanse kinderboekwêreld gebring, en duisende aanhangers gekry. Word deel van die opwinding saam met Zackie, sy beste vriend, Vincent, sy hond, Frankenstein, die kwaai buurtannie, mevrou Langenhoven – en natuurlik Anton die skoolboelie wat gedurig moeilikheid maak! Kort op die hakke van die eerste omnibus, verskyn nog vyf van Zackie se lawwe avonture saam in een briljante, bekostigbare omnibus:

* Zackie Mostert druk ’n drie

* Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante

* Zackie Mostert en die wriemelende wurmkoekies

* Zackie Mostert en die meisiemoles

* Zackie Mostert en die baie beroemde hond

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur lapa uitgewers

    Soortgelyke produkte kan gevind word onder die omnibus kategorie.

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online