skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Winkel > educational books > Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart

R 0.00
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart picture 2722
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart picture 2722

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal
kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-,
bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en
spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard
met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met
riglyne vir die onderwyser of ouer.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook
groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2
die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig
van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en
onderwysers lus om te leer spel.

Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal
speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer
ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur nb

    Soortgelyke produkte kan gevind word onder die nuwe-alles-in-een-werkboeke and opvoedkundigeboeke kategorieƫ.

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online