skip to content

Mandjie
Mandjie

0 items tans in jou mandjie.

Begin Koop
Teken In

Sluit aan  |  Vergete Sleutelwoord


Ontmoet Bertus Beer

Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart

R 120.00Plaas in Mandjie

Gemiddelde Aflewerings Tyd:

Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart picture 2722
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 2 Mart picture 2722

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 2 Huistaal sal
kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat 40 kaart-,
bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke en die sig- en
spelwoorde vir Graad 2 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard
met werkvelle ter inskerping. Die speletjies bevat stap vir stap voorafinligting met
riglyne vir die onderwyser of ouer.


Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging en aksie – wat ook
groot motoriese vaardighede ontwikkel – onderrig word, sal die kind in Graad 2
die werk met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig
van spelling met die een prettige speletjie ná die ander maak kinders én ouers en
onderwysers lus om te leer spel.


Dié werkboek vir Graad 2 hersien eers die klanke van Graad 1 met ’n aantal
speletjies, en dan word die klanke vir Graad 2 speel-speel ontdek. Die kind leer
ook die eerste 250 hoëfrekwensie-sigwoorde en maklike spelreëls aan.

Verskaf deur nb

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die opvoedkundigeboeke ,kwartaal promosies and 6-8 jaar/years kategorie?.

Terug na Winkel