Klik hier om by Storietyd aan te sluit.
Winkel > aktiwikteite/activity > Nuwe Alles-In-Een Graad 3 Pret met Wiskundewerkboek
Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens
versuur. Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie
deeglik vasgelê word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders
belangstelling verloor.
Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n outomatiese
kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik opgeroep
kan word. Dié werkboek vergemaklik die verwerwing van dié kennis met
verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir
stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die
kind se hele skoolloopbaan gelê.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad 3 Pret met Wiskunde-werkboek volg die KABVkurrikulum
en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die
oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe
denke en probleemoplossing, en die volkleurspeletjies per kwartaal help om
vaardighede verder in te skerp.
People who bought this, also bought:
Soortgelyke produkte kan gevind word onder die opvoedkundigeboeke and nuwe-alles-in-een-werkboeke kategorieƫ.
Waarborg
Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.
e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554