skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Regteegte rampe (Nie meer beskikbaar)

In Regteegte
rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom
sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en
verhoed kan word. Lees die verstommende stories oor die rampe en
kyk dan na elkeen se rampdossier. Jy sal die feite oor wat regtig
gebeur het, kan nagaan en in die voetspore volg van die kenners wat
ondersoek instel.Lees ook die verklarings van ooggetuies en ander
interessante feite oor die spesifieke ramp. Die kaarte in die dossier
wys ook vir jou waar in die wêreld die rampe gebeur het. Boonop is
daar by elke ramp 'n nuwe rampwoord en ’n volledige lys op die
laaste bladsy van die rampwoorde wat in die boek gebruik word. Die
rampe wat ondersoek word, wissel van reuseuitbarstings,
die
verdwyning van dinsourusse, 'n vlammehel op see tot
vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Daar is 11 rampe om te
ondersoek en jy kan dalk aan nog ’n ramp dink om te ondersoek en
jou eie rampdossier saamstel!

Verskaf deur nb

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online