skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Dol Ooor Boeke - Hoekom En Wat Om Vir Jou Kind Te Lees (Nie meer beskikbaar)

Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is vir boeke - eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind boeke en deel die kennis wat hy in 'n leeftyd van noue betrokkenheid by boeke opgedoen het met aansteeklike entoesiasme. Die boek sluit 'n skatkis van aanbevole boeke vir die boekrak in, met spesifieke verwysings na oorspronklike Afrikaanse boeke en stories deur Lona Gericke (afgetrede hoof van Bellville Openbare Biblioteek se kinderafdeling). Daar word ook deurgaans in die hoofteks voorbeelde gegee van spesifieke leesstof en klassieke keuses. Verder word boeke oor boeke en inligting oor biblioteke bespreek, asook elektroniese leesstof en die manier waarop tegnologie die manier waarop ons lees, beinvloed het.

Verskaf deur metzpress

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online