skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Leer my lees (Vlak 2) 1: Tippie en die boom (Nie meer beskikbaar)

Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant! Hierdie vrolik geïllustreerde leesreeks stel die beginnerleser aan klanke soos “eu”, “ie” en “ou” bekend.

Die eerste agt boekies in die Leer my lees-reeks is baie gewild. Die tweede reeks volg op die eerste en stel die leser aan ietwat ingewikkelder klanke bekend.

Elke boek in die reeks bevat:

·         ’n kort, eenvoudige en prettige storie wat gemik is op die ontwikkeling van leesvaardighede vir beginners;

·         helder, kindervriendelik illustrasies;

·         ’n woordeskatlys, ’n lys met die enkelvoud, meervoud en verkleinwoord, begripsvrae en ’n bladsy met “voltooi die sinne” gebaseer op die leesstuk. Dit stel die ouer, terapeut en onderwyser in staat om begrip en woordeskat speel-speel by die kind vas te lê.

Boonop is die reeks uitstekende waarde vir geld – dit is een van die mees bekostigbare Afrikaanse beginnerleesreekse wat tans op die mark is!

 

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur lapa uitgewers

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online