skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

1-2-3 Groei met spel (Nie meer beskikbaar)

Ouderdomme se verskillende speletjie - 2 jaar tot 10 jaar in die boek. 

Hedendaagse kinders weet dikwels nie meer hoe om te speel nie en daarom is hul fyn- en grootmotoriese ontwikkeling nie op standaard nie. Hulle sukkel dikwels met aktiwiteite soos inkleur, knip, bal vang en eenbeentjie spring. Hul spierontwikkeling is ook swak en dit lei tot probleme met konsentrasie. Daar is verskeie faktore wat kinders se motoriese ontwikkeling negatief beinvloed. Die algemeenste is waarskynlik die feit dat moderne vermaak (soos selfone, televisie en elektroniese speletjies) passief is en tekort skiet aan kreatiwiteit.  Hierdie boek bevat 123 speletjies wat jou kind se begrip kan prikkel en so help met redenerings- en syfervaardighede. Dit bied ook 'n geleentheid vir sosiale interaksie en in die proses ontwikkel jou kind emosioneel. Terselfdertyd is hierdie speletjies lekker vir partytjies, pretdae, ysbrekers of sommer net speel.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur lapa uitgewers

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online