skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

1000 Nuttige Woorde (Nie meer beskikbaar)

Kleurvolle woordeboek vol pret!

Hierdie prettige, kleurvolle woordeboek is ideaal om jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede te ontwikkel en verbeter. Met volop selfstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde is daar ook allerlei opwindende onderwerpe: van wilde diere, beroepe en storietyd tot plaaslewe en kleure, vorms en getalle. Daar is volop dinge om te sien op elke bladsy en vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.

Hierdie boek is geskep in samewerking met 'n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman, en is geskik vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer.

Die boek bevat ook heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig, en die duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur lapa uitgewers

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online