skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Reenboogrant Tieners: Omnibus 2

R 0.00
Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 picture 3246
Reenboogrant Tieners: Omnibus 2 picture 3246

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare!

 Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoërskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kêrels en ander uitdagings van grootword.

 Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks:

Drome en dramas

Hartebreker

Anderkant die reënboog

 Drome en dramas

’n Splinternuwe BMW. ’n Modelkontrak in Italië. Twee retoervliegkaartjies na enige bestemming van jou keuse. Klere ter waarde van R20 000 ... Dis maar net ’n paar van die pryse wat gewen kan word in die Face of the Future-skoonheidskompetisie ... en Shani is vasberade om te wen. Maar Rachelle gaan natuurlik ook inskryf ... en sy gee nie om om vuil te speel nie.                                  

Hartebreker

Daar is ’n nuwe hartebreker in die Hoërskool Reënboogrant. Hy’s baie aantreklik en speel boonop ’n hoofrol in ’n nuwe sepie. Nou soek die vervaardigers na ’n meisie as ’n byspeler. Shani is vasberade om die rol in te palm, maar Sunette gaan ook vir die oudisie ... en Rachelle natuurlik ook. Min mense is bestand teen Sunette se wasige skoonheid en Rachelle het al hope skoonheidstitels en kan mense om haar pinkie draai. Wie gaan die rol kry?

Anderkant die reënboog

Die beroering wat die aantreklike nuwe hartebreker in die Hoërskool Reënboogrant veroorsaak het, het skaars bedaar, toe ’n nuwe meisie van die Kaap haar verskyning maak. Al die ouens – selfs Dolf – swerm die heeltyd om die pragtige Monique. Shani en Sunette het net mooi genoeg hiervan gehad. Maar dan bars die bom en Monique se geheim kom op die lappe ...

 

Soortgelyke produkte kan gevind word onder die omnibus kategorie.

Terug na Winkel

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online