skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Kaartjieplanne (Nie meer beskikbaar)

’n Onmisbare hulpbron vir elke kaartjiemaker. Hierdie boek is propvol idees vir kaartjiemakers op alle vlakke en kom met sy wonderlike versameling bloudrukke besonder handig te pas as jou muse stil raak. Dit vereenvoudig die proses en verseker pragtige handgemaakte kaartjies.
Basiese inligting oor kleur, komposisie en balans word prakties toegepas in eenvoudige getekende planne wat jy vinnig kan volg sodat jy jou skeppende energie kan gebruik vir die kies en samestelling van die verskillende elemente. Daar is by elke plan gedetailleerde inligting oor die verhoudings, plasing en groottes van al die elemente sodat jy jou bestaande karton, papier en tooisels kan gebruik om kaartjies te maak met die versekering al die elemente in balans en die kaartjie visueel treffend sal wees. So kan jy nie net tyd bespaar nie, maar ook oorskietstukkies papier benut.
• Elke plan kan op verskeie maniere toegepas word deur dit regsom of linksom, horisontaal of vertikaal te draai of om te keer
• Daar is vertikale en horisontale uitlegte vir standaardgrootte, vierkantige, langwerpige en groot kaartjies
• Elke plan word geïllustreer met foto’s van verskeie kaartjies wat daarvolgens gemaak is wat wys hoe dieselfde plan verskillende toepassingsmoontlikhede het – van regtig eenvoudig tot ingewikkelde laag-op-laag kaartjies
• Voorbeelde toon hoe dieselfde basiese ontwerp vir kaartjies vir verskillende geleenthede gebruik kan word – van Valentynsdag tot Kersfees
• Met ’n basiese plan tot jou beskikking kan jy jou verbeelding vrye teuels gee en jou papier en tooisels op maniere gebruik waaraan jy nog nie gedink het nie.

People who bought this, also bought:

    Verskaf deur metzpress

    Terug na Winkel

    Waarborg

    Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

    e-pos:
    zelda@storietyd.co.za
    Tel: 082 660 0554

    Faktuur oplossings deur Invoices Online