skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot)

R 0.00
Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot) picture 1534
  • Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot) picture 1534
  • Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot) picture 1533
Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot) picture 1534Boskabouter Luister CD - Wolke (Willie Wolke word groot, sommer baie groot) picture 1533

Leer jou kind AKTIEF luister

‘n LUISTER-KONSERTJIE Elke CD is soos ‘n 'konsertjie op radio'. ‘n Toe-oë-FLIEK, ‘n luister-fliek. Dis propvol klank-opwinding. Die kind word dus ouditief goed gestimuleer. Dit fokus op GENOT – die heerlike lippelek-lekker van stories.

STEM KARAKTERISERING Daar is meer as 10 stem-variasies per storie; ook met byklanke en agtergrond musiek. Elke CD vorm een volledige, klaarmaak-storie op sy eie. Dis juis so beplan ten einde die kind se stilsit-en-luister vaardighede en aktiewe aandagspan te r-e-k. Die CDs is wel opgedeel in ‘hoofstukke’ sodat die jonger kinders vandag ‘n stukkie kan luister en môre kan aangaan, sonder om weer van vooraf hoef te begin. Die tempo en intrige van CD 2, 3 en 4 is meer ingewikkeld as dié van CD 1.

OUDERDOM ‘n Breë ouderdomsgroep is geïnkorporeer – van 3 tot 11 jaar. Daar is wel 2-jariges wat ook luister en seuns van so oud as 13 wat laat weet dat hulle dit geniet. Kinders se normale kommunikasie-ontwikkeling verskil op ‘n jong ouderdom geweldig baie ten opsigte van woordeskat en taalvaardighede. Dit is dus baie belangrik dat mamma op so ‘n jong ouderdom, direk betrokke moet wees deur saam-luister en saam-gesels. Deur ‘n 2-jarige met hierdie CD-stories voor die radio neer te sit en dan te loop, val die hele oogmerk plat. Mamma moet ondersteun en fasiliteer.

People who bought this, also bought:

    Supplied by tania ueckermann

    Similar products can be found under the luisterstories cd & dvd category.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online