skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Liefde is ’n sprokie (Not available anymore)

’n Bundel unieke kort liefdesstories wat tienerlesers sal wegvoer na ’n moderne sprokieswêreld vol aantreklike helde en romantiese heldinne. Elke verhaal is op ‘n bekende sprokie of feëverhaal gebaseer – maar met ’n heerlike moderne kinkel. Talia is so tuis in die water soos ’n meermin. Maar Erik, met sy blonde hare en blou oe, sorg dat sy sukkel om op haar diepseeduikkursus te konsentreer . . . Cara het ’n ogie op verlede jaar se hoofseun , maar sy kan tog nie help om die nerdy nuwe ou, Pierre Prins, se diep, groen oë agter sy dik brilglase raak te sien nie . . . Van die eerste dag wat Wolfgam vir Vlam van Huten raakgesien het, is sy nie net in sy kop nie, sy is in sy hart – daardie rooikopmeisiekind met die laggend oë wat sy nag- en dagdrome in besit geneem het. Maar sy rits net gedurig saam met daardie slymbol op sy motorfiets rond. Amika is so moeg daarvoor om die langste meisie in haar klas wees. Sy troon alewig soos ’n toring bo almal uit en die seuns spot haar alewig daaroor. Maar wanneer haar gunsteling-onderwyser voorstel dat sy by die modelskool inskryf, lyk dit of alles kan verander. Sal Adriaan haar anders sien? Dit is maar net ’n paar van die heerlike kort romanses wat jou hart warm sal laat klop en jou weer in sprokiesliefde sal laat glo.

Author: Santie Nel

People who bought this, also bought:

    Supplied by nb

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online