skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Verftegnieke (Not available anymore)

’n Oorspronklike benadering tot verftegnieke – omskep meubels, vloere, mure, self 'n hele badkamer!

Of dit ou, tweedehandse meubelstukke is wat vernuwe moet word, of ’n moderne stuk wat smag na ’n sagte, verouderde gevoel, hierdie boek wys jou hoe om ’n ou klavier, staalrakke, sementvloere, tafels en stoele, ’n vaal ingeboude kas, baksteenmuur, trappe en selfs ’n hele badkamer met ’n oorspronklike benadering tot verftegnieke in kunswerke te omskep. Die skrywer skop af met basiese inligting oor hoe om kleur en die effek daarvan op jou en die omge­wing waarin jy leef te verstaan, gevolg deur ’n beskrywing van die gereedskap en produkte wat jy vir die verskillende tegnieke en projekte nodig het. Duidelike stap-vir-stap foto’s en aanwysings toon hoe om die verskillende tegnieke soos kleurwas, laagwerk, verwering, ombré, vergulding, stensilwerk, sleeptegniek, houtgrein en nog vele meer op enige oppervlak in jou huis toe te pas. Meer as 40 inspirerende projekte gaan gepaard met pragtige foto’s van die eindresultaat, maklike aanwysings en wenke om te verseker dat jy ook unieke en ongewone stukke kan skep. Hierdie boek bied die perfekte inspirasie om ’n verf­kwas op te tel en nuwe lewe aan jou tuiste te gee. So waarvoor wag jy? Gaan verf!

People who bought this, also bought:

    Supplied by metzpress

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online