skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Net die oortjies van die seekoei en ander Afrikaanse idiome (Not available anymore)

As jy mooi daaraan dink, maak idiome van elke Afrikaansspreker ’n digter. Die beeldspraak, vergelykings en metafore wat in idiomatiese uitdrukkings vervat is, verander ons alledaagse gesprekke en skryfwerk in iets ver bo die gewone.

Kobus Galloway se grappige volblad-illustrasies help jong taalgebruikers om die idiomeskat van Afrikaans vas te lê sodat dit met gemak en plesier gebruik kan word. Volwasse lesers verkneukel hulle nie net in die vernuf waarmee die skepper van Idees vol vrees woord en beeld teenoor mekaar afspeel nie; die genot om ou segswyses aan die vergetelheid te ontruk, steek vure van nostalgie vir toeka se tye opnuut aan die brand.

Soos in hierdie boek se voorganger, ’n Wolf in skaapsklere, word die idiome van kort betekenisverklarings voorsien, en die kleurvolle illustrasies word agterin deur ’n lys met nóg idiome en uiteensettings aangevul.

Wees gewaarsku: Lesers van alle ouderdomme sal Net die oortjies van die seekoei met moeite neersit.

People who bought this, also bought:

    Supplied by penguin

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online