skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Katrien se geskenke uit die kombuis (Not available anymore)

Koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoëvetresepte. Hierdie boek bevat getoetste en vertroude resepte vir smullekker geskenke uit jou eie kombuis – vir koeke, poffertjies, terte, snoephappies en vulsels met verskeie variasies, tesame met etlike laekoolhidraat-, hoëvetresepte vir dié wat spesiale diëte volg (Banting, keto, paleo, glutenvry, suikervry).

Baasbakker Katrien van Zyl fokus hoofsaaklik op maklike, flatervrye resepte wat vinnig gemaak kan word, sonder ’n gesoek na vreemde bestanddele. Die moeiliker tegnieke word stapsgewys met duidelike foto’s geïllustreer wat dit doenbaar maak vir enigiemand wat aanwysings kan volg. Katrien deel ook idees vir die verpakking van die lekkernye, en verduidelik hoe jy houers kan herwin en versier om by enige geleentheid te pas.

Daar is hope praktiese wenke en inligting oor hoe lank hierdie geskenkies by kamertemperatuur vars bly, asook hulle vriestydperk. Dit is ideaal as jy reeds lank voor ’n geleentheid wil begin bak en brou. Die boek is ryklik geïllustreer met pragfoto’s wat demonstreer dat van die mooiste geskenke uit jou kombuis kan kom. Dit bevat werklik iets vir almal, of jy nou die een is wat die bakwerk doen, of die een aan die ontvangkant van ’n heerlike, keurig verpakte smulhappie.

People who bought this, also bought:

    Supplied by metzpress

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online