skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Nuwe Alles-In-Een voorskoolse aktiwiteitsboek 2

R 0.00
Nuwe Alles-In-Een voorskoolse aktiwiteitsboek 2 picture 2614
Nuwe Alles-In-Een voorskoolse aktiwiteitsboek 2 picture 2614

Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is, en brei daarop uit met dertig splinternuwe 3D en 2D volkleuraktiwiteite. ’n Verwyderbare handleiding in die middel van dié boek bied praktiese wenke vir elke aktiwiteit en tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite, liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Dit verduidelik ook hoe die handwerkaktiwiteite aangepak moet word. Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam", "Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon". Die verskillende ouderdomme voorskoolse kinders verskil geweldig van mekaar ten opsigte van liggaamlike en emosionele ontwikkeling. Daarom is al die wenke duidelik gegradeer vir peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R. Die Voorskoolse aktiwiteitsboek 1 en 2 is al wat u nodig het om leermateriaal vir kinders van 18 maande tot vyf jaar te bied. Dit word ook in Graad RR (groep 3) gebruik.

People who bought this, also bought:

    Supplied by nb

    Similar products can be found under the nuwe-alles-in-een-werkboeke and opvoedkundigeboeke categories.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online