skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Leergereed, skoolgereed (Not available anymore)

’n Gids om ouers, onderwysers en versorgers te help om ’n wakende oog op ’n kind se ontwikkeling te hou en te bevorder.

Wetenskaplike feite:
‘n Kind se eerste ses jaar skryf die draaiboek vir sy hele skoolloopbaan
Daar is ’n direkte verband tussen ’n kind se selfbeeld en sy vermoë om maklik op skool te leer.

Hierdie boek is ’n praktiese gids om ouers, onderwysers en versorgers te help om ’n wakende oog op ’n kind se ontwikkeling te hou en dit te bevorder – sy lyfie (fisieke), sy hart (emosionele en sosiale) en sy brein (kognitiewe/intellektuele). Dis nie bloot ’n skoolgereedheids-afmerklys nie, maar ’n padkaart wat rooi ligte laat flikker as daar ontwikkelingsprobleme is, en goen ligte helder laat skyn wanneer die vaardighede wat hier besprek word een na die ander bemeester word. Rooi ligte beteken ook nie dat alles verlore is nie, maar dat professionele hulp ingeroep kan word om ontwikkelingskrakies te oorkom en seker te maak dat elke kind ’n sterk fondament het.

Leergereed, skoolgereed sluit hope praktiese wenke en raad in, asook ‘n volledige woordelys wat die terminologie op rapporte en toetsuitslae verduidelik sodat dit vir ouers sal sin maak. Hiedie boek is die ideale metgesel vir Speel Leer Slim om jou te help om jou kind se vormingsjare as avontuur te beleef – met klinkende sukses.

People who bought this, also bought:

    Supplied by metzpress

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online