skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 3

R 0.00
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 3 picture 2720
Nuwe Alles-In-Een Pret met spel Graad 3 picture 2720

Die Nuwe Alles-In-Een se Pret met spel-werkboek vir Graad 3 Huistaal sal
kinders opgewonde maak oor spelling en klanke! Hierdie boek bevat byna 50
kaart-, bord- en bewegingspeletjies wat die voorgeskrewe klanke asook sig- en
spelwoorde vir Graad 3 op ’n prettige wyse inoefen. Die speletjies gaan gepaard
met werkvelle ter inskerping. Voorafinligting en riglyne word vir die
onderwyser/ouer gegee.

Wanneer spelling met innoverende speletjies vol beweging – wat groot motoriese
ontwikkeling aanhelp – en aksie onderrig word, sal die kind in Graad 3 die werk
met vreugde en opwinding aanpak en nie verveeld raak nie. Die onderrig van
spelling met een prettige speletjie ná die ander sal kinders én ouers en
onderwysers lus maak om te spel.

Dié werkboek hersien eers die klanke en spelling van Graad 1 en 2, en gee dan
aandag aan lettergreepverdeling, meervoude, verkleinwoorde en spelreëls wat
voorgeskryf is vir Graad 3. Die vlot herkenning en skryf van die voorgeskrewe
320 sigwoorde word geoefen.

People who bought this, also bought:

    Supplied by nb

    Similar products can be found under the opvoedkundigeboeke and nuwe-alles-in-een-werkboeke categories.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online