skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Wiskundewerkboek

R 0.00
Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Wiskundewerkboek picture 2849
Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Wiskundewerkboek picture 2849

Wiskunde-angs is ’n werklikheid wat kinders – en hul ouers – se lewens versuur.
Onder die redes daarvoor is dat basiese syfervaardighede kleintyd nie deeglik
vasgelê word nie, en dat Wiskunde só aangebied word dat kinders belangstelling
verloor.
Om suksesvol in Wiskunde te wees, moet ’n kind onder meer ’n outomatiese
kennis van getalle en die vier hoofbewerkings hê, sodat dit oombliklik opgeroep
kan word. Dié werkboek vergemaklik die verwerwing van dié kennis met
verbeeldingryke aktiwiteite wat dit maklik én lekker maak om vaardighede stap vir
stap in te oefen en heeltemal te bemeester. So word ’n stewige grondslag vir die
kind se hele skoolloopbaan gelê.
Die Nuwe Alles-In-Een Graad 1 Pret met Wiskunde-werkboek volg die KABVkurrikulum
en toon aan wat deur die jaar van jong leerders verwag word. Die
oefenbladsye oefen parate vaardighede in, die werkvelle bevorder kreatiewe
denke en probleemoplossing, en die volkleurspeletjies per kwartaal help om
vaardighede verder in te skerp.

People who bought this, also bought:

    Supplied by nb

    Similar products can be found under the opvoedkundigeboeke and nuwe-alles-in-een-werkboeke categories.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online