skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Franse briewe : Pos uit provence (Not available anymore)

Tuimel jou hart nog nadat Marita van der Vyver jou met haar boek Die hart van ons huis aan haar lewe in Provence bekend gestel het? Hou dan asem op, want met Franse briewe nooi sy lesers nog 'n keer oor haar drumpel. Wat het verander in die Provenkaalse kliphuis met sy persblou hortjies, pienk rose, laventel voor die kombuisvenster en die enorme ou plataanboom langs die hek? Wat het dieselfde gebly? Ja, Marita, haar Franse man, Alain, en die vier kinders woon steeds in Kerkstraat - Rue de l'eglise - van 'n Middeleeuse dorpie. Dis ook somer in Provence - en soos elke somer word al die poskaartprentjies oornag lewend. Lappe laventel so pers dat dit lyk asof derduisende botteltjies kristalviolet per ongeluk uit 'n vragvliegtuig geval het. Goudgeel sonneblomme net waar jy kyk, asof jy pens en pootjies binne-in 'n Van Gogh-skildery beland het. Maar help! Terselfdertyd het 'n bende misdadigers op Marita se Provenkaalse dorpie toegesak! Haar motor word nie net gesteel nie, maar onherstelbaar verniel. En moleste met motors is maar een van die, noem dit maar "interessante", aspekte van haar idilliese bestaan. Daar is ook nog huismoleste, kultuurskokke, ouderdom en ander meer tipies Franse vliee in die salf soos skoolgaan in Frankryk.

Back to Shop

Guarantee

If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

email:
zelda@storietyd.co.za
Phone: 082 660 0554

Invoicing solutions by Invoices Online