skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Slym se Stories (4 in 1)

R 0.00
Slym se Stories (4 in 1) picture 3250
Slym se Stories (4 in 1) picture 3250

Langs die riete in Paddavlei,
daar waar al die paddas bly, 
onder die grote hemelruim,
woon daar ook ’n wurm, Slym.

Op ’n dag word ’n wurm deur ’n voël gevang. Maar die wurm se naam is nie verniet Slym nie … Hy skrik so groot dat hy ’n bol vrotterige slym in die voël se bek skiet. Die voël skrik op sy beurt weer so groot dat hy vir Slym laat val … by ’n skool vir paddas. 

En só begin ’n hele reeks avonture by die paddaskool, waar Slym vir juffrou Plat Anna en die ander onderwysers leer ken, hope gawe paddamaats soos Paddavoet en Brulbekkie maak, en moet ligloop vir Giftand die slang en die skoolboelie, Padarotti.

Fanie Viljoen se Slym-reeks is nie verniet so gewild nie. Sedert die verskyning van die eerste Slym-boek in 2004 het dié oulike wurm en sy aanhangers al hope avonture saam beleef. Slym het die eerste wurm geword wat in ’n paddakonsert gesing het, hy het ’n draai by die gogga-sirkus gemaak, die paddakoning ontmoet en selfs op ’n towertapyt gery! Boonop het hy sommer twee ATKV-Woordveertjies ook ingepalm!

Vir die eerste keer verskyn al vier Slym-boeke saam in een pragtige volkleur-omnibus, met illustrasies deur die skrywer, Fanie Viljoen. Dit sluit in: 
Slym: Die wêreld se eerste wurm in ’n paddakonsert
Slym en die beker van geluk
Slym en die gogga-sirkus
Slym en die towertapyt

People who bought this, also bought:

    Supplied by lapa uitgewers

    Similar products can be found under the omnibus category.

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online