skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Boksies By Dosyne (Not available anymore)

Hierdie boek wys jou hoe om ’n groot verskeidenheid dekoratiewe en funksionele boksies en sakkies te maak, ideaal om vir geskenke te gebruik, maar ook nuttig in die huis. Deur die gedetailleerde aanwysings en stap-vir-stap foto’s te volg, kan jy met gom, fotoplakboekpapier, kartonvelle, lap, lint, kant, washi-lint, tooisels of wat jy ook al beskikbaar het, self pragtige boksies en houers maak.

Leer om langwerpige, vierkantige, seskantige, piramied-, ster-, hartvormige en vensterboksies te maak, of probeer eenvoudige origami-boksies, koevertboksies en geskenksakkies maak. Daar is boksies van verskeie groottes en vorms, en hulle kan vir verskillende doeleindes benut word. Treffende volbladfoto’s van die voltooide projekte is nie net ’n lus vir die oog nie, maar gee ook gebruiksvoorstelle. Die ingeslote patrone met vergrotingsmates maak dit maklik om die boksies te skep.

People who bought this, also bought:

    Supplied by metzpress

    Back to Shop

    Guarantee

    If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

    email:
    zelda@storietyd.co.za
    Phone: 082 660 0554

    Invoicing solutions by Invoices Online