skip to content

Blad in Afrikaans

Facebook Icon

Click here to register with Storietyd.

Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels

was R 220.00
now onlyR 210.00
Add to Basket
Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels picture 4900
Donkie se lang pad dorp toe en 19 ander fantastiese fabels picture 4900

Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die idee dat mens nie net moet dink aan wat jy kort nie, maar dat jy moet waardeer wat jy het. Muggie sien kans vir Leeu bevat die wysheid dat niemand so sterk is dat hy nooit kan verloor nie. Tor sit Arend op sy plek gee weer die moed dat al is jy klein is daar altyd ʼn manier om ʼn boelie op sy plek te sit. Hierdie is maar enkele voorbeelde uit hierdie bundel propvol gawe, skaam, vrolike, bang, kwaai en brawe diere. Waaroor wil Mevrou Krap spog? Wat is Olifant se geheim? Het Haas toe die boelies uitoorlê? Moenie langer wag om uit te vind nie!

People who bought this, also bought:

Supplied by lapa uitgewers

Similar products can be found under the storieboeke category.

Back to Shop

Guarantee

If you receive a book that your child already own, you can return it to us in original packaging within 7 days of receipt, and we`ll send you a different book.

email:
zelda@storietyd.co.za
Phone: 082 660 0554

Invoicing solutions by Invoices Online