skip to content

Site in English

Facebook Icon

Klik hier om by Storietyd aan te sluit.

Jaco Jacobs op wêreldlys van kinderboekskrywers

image 22

Storietydlede en Afrikaanse kinderboek liefhebbers sal Jaco Jacobs se naam goed ken. Verskeie van ons gunsteling Afrikaanse kinderboeke kom uit die pen van hierdie Bloemfonteinse skrywer, soos die Bastian Blom-, Kas vol monsters-, Professor Fungus- en Zackie Mostert-reekse, My Ouma is ‘n rock-ster, Monstergrappe, My boetie dink hy’s Batman en nog vele meer.

 

Jaco is pas aangewys as een van die skrywers op die langlys van ’n internasionale kinderboekkompetisie. Dit is die eerste keer dat dié produktiewe kinder- en jeugboekskrywer vir ’n internasionale prys in aanmerking kom. Die wenners word in Maart op die Bologna-kinderboekfees in Italië bekend gemaak, die grootste kinderboekmark ter wêreld.

Lees die volledige artikel hier.

 

Vinnige feite oor Jaco Jacobs
Jaco is 34-jaar oud
Pryse verwerf:
  • Alba Bouwer
  • C.P. Hoogenhout
  • MML-letterkundeprys
  • 17 ATKV-kinderboek-toekennings.
Anna Davel het van sy kinderverse getoonset – dit verskyn op die kinderalbum In die land van Kammalielie.
Sy 100ste boek is ’n versameling rympies getitel Kougom in my hare.
Jacobs skryf ook onder twee skuilname.
Benewens boeke, skryf hy kortverhale, rubrieke en joernalistieke berigte.
Hy het al 235 boeke in Afrikaans vertaal.
Sowat 670 000 kopieë van sy boeke is verkoop.
Hy is ook ’n kinderboekuitgewer.

 

Waarborg

Indien jy `n boek ontvang wat jou kind reeds besit, kan jy die boek in sy oorspronklike toestand en verpakking binne sewedae na ontvangs aan ons terugstuur. Ons sal vir jou `n ander boek stuur wat jou kind nie reeds het nie.

e-pos:
zelda@storietyd.co.za
Tel: 082 660 0554

Faktuur oplossings deur Invoices Online